Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar 'n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.
Autorentext
Cecilia Steyn is in die Vrystaat gebore. Sy is nog altyd lief vir skilder en skets. Ná skool het sy in die apteekbedryf gaan werk, en sy en haar man, Johan, het twee seuns. Onder leiding van die skrywer Fanie Viljoen, haar broer en mentor, probeer sy op die ouderdom van veertig vir die eerste keer skryf. Haar eerste kortverhaal, Evan se pizza, het in 2015 in Vrouekeur verskyn, en kort daarna is Die meisie op die dak deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar. Wanneer sy deesdae nie lees nie, skryf sy. Sy geniet dit ook om haar hande vuil te maak en saam met haar man aan hul huis te help restoureer of in die tuin te werk.