Paloma glo nie sy's mooi genoeg vir so 'n aantreklike, suksesvolle man nie en wil nie betrokke raak nie. Arno sien net die mooi in mense raak. Mettertyd, leer Paloma dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie.



Autorentext

Cynthia Robertson is in Tanzanië gebore, en het 11 skole in vier lande bygewoon, wat haar baie aanpasbaar en ten volle tweetalig gelaat het, maar met sigeunerbloed en 'n onblusbare nuuskierigheid oor mense en wat oor die volgende bult lê. Dit was moeilik om vriende te maak omdat hulle so gereeld getrek het, maar nadat sy boeke ontdek het was sy nie meer eensaam nie. Die vele ure met wonderlike boeke was alles slegs voorbereiding vir haar beroep as skrywer. Sy het drie pragtige kinders asook vier kleinkinders, en woon op Hartbeespoort tussen die dam en die berge.

Titel
Die man langsaan
EAN
9780639600321
Format
E-Book (epub)
Hersteller
Veröffentlichung
27.05.2020
Digitaler Kopierschutz
Adobe-DRM
Dateigrösse
1.05 MB
Anzahl Seiten
304