'n Gestremde joernalis word deur 'n reeksmoordenaar versoek om haar verhaal te vertel. Sy is ingetoë, intelligent, 'n toegewyde ma. 'n Slagoffer van haar omstandighede, of nie? Wat hy te wete kom, verander sy lewe vir altyd.



Autorentext

Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, 'n barokstad op die Aare-rivier, en 'n huis in die Peniniese Alpe naby die grens van Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Sy skryf omdat sy nie die swaar las van 'n magdom ander talente op haar skouers dra nie. Sy het agt Romanzas geskryf en meer as vier spanningsromans, insluitend Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva. Die soenoffer is 'n sielkundige riller en die storie van 'n negejarige reeksmoordenaar. Dit was LAPA Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en 'n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.

Titel
Die soenoffer
EAN
9780799352849
Format
ePUB
Hersteller
Veröffentlichung
02.01.2012
Digitaler Kopierschutz
Adobe-DRM
Dateigrösse
0.55 MB
Anzahl Seiten
183