'n Lieflingsopraan is terug in Switserland se operawêreld. 'n Reeks moorde volg. En sy weet nie hoe sy dit het met haar hart oor die vermaarde hoof van die Misdaadeenheid wat haar pad langs kom nie.
Autorentext
Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, 'n barokstad op die Aare-rivier, en 'n huis in die Peniniese Alpe naby die grens van Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Sy skryf omdat sy nie die swaar las van 'n magdom ander talente op haar skouers dra nie. Sy het agt Romanzas geskryf en meer as vier spanningsromans, insluitend Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva. Die soenoffer is 'n sielkundige riller en die storie van 'n negejarige reeksmoordenaar. Dit was LAPA Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en 'n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.
Klappentext
'n Lieflingsopraan is terug in Switserland se operawereld. 'n Reeks moorde volg. En sy weet nie hoe sy dit het met haar hart oor die vermaarde hoof van die Misdaadeenheid wat haar pad langs kom nie.