Marzanne Odendal is 'n uitgeproke tiener wat daarvan droom om 'n beroemde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van 'n man en kinders, eendag rondom die wêreld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy 'n anonieme liefdesgedig per e-pos en stadig maar seker begin ons heldin se hart verkrummel"
Autorentext
Tania Brink is die dogter van twee baie normale ouers en die eienaar van 'n baie abnormale hond. Vandat sy vyf jaar oud is, is haar grootste droom om stories te skryf. Sy beskryf haar verhale as "stroperige liefdesverhale vir tieners wat siek en sat is vir stroperige liefdesverhale". Haar gunsteling-tydverdryf is om op maanligaande op die strand perd te ry. Ongelukkig bly sy deesdae baie ver van die see. Sy glo in die krag van die liefde, die wonder van sonroom, prinse op wit perde, en Sondagmiddagslapies. Sy het reeds vier ATKV-Kinderboek-toekennings gewen.