In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg 'n forensiese sielkundige teen 'n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van 'n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.



Autorentext

Madelein Rust se skrywersloopbaan skop af met die skryf van romantiese kortverhale. Rust se debuutroman, Die 13de kaart, is in Julie 2014 op die rakke en verskyn kort daarna op die Nielsen topverkoperlys. Dit word benoem vir 'n ATKV Woordveertjie-toekenning vir spanningsliteratuur. Kanker, schmanker!, die biografie wat haar stryd teen borskanker met patos en humor uitbeeld, verskyn ook in 2019 en is 'n treffer onder kankerstryders en oorlewendes, sowel as diegene op soek na hoop en bemoediging. Haar werk het 'n sielkundige invalshoek, aangevuur deur haar opleiding in sielkunde en die wet. Sy studeer van 1986 tot 1990 aan die Universiteit van die Vrystaat vir 'n kwalifikasie in die regte en behaal 'n BA graad in die veld van bedryfsielkunde in 2010. Die manifestasies van boosheid gryp haar aan in haar studies in veral Strafreg, Medicina Forensis en Abnormale Gedrag en dié kennis wend sy kwistig aan in haar werk

Titel
My naam is Legio
EAN
9780639600161
Format
E-Book (epub)
Hersteller
Digitaler Kopierschutz
Adobe-DRM
Dateigrösse
1.16 MB
Anzahl Seiten
304